As iemand ooit vir my sou vra
Create a similar
Send a card
The content of the card
As iemand ooit vir my sou vra
watter soort mens is jou ma
Sal ek sonder twyfel kan se
die beste ma wat 'n kind kan he!
'n Ma wat altyd daar is vir jou
iemand wat jy volkome kan vertrou
'n Ma wat troos as ons hartseer voel
wat glo alles gebeur met 'n doel
Ma is 'n rots wat stewig staan
Wat ons met wysheid kan vermaan
'n Ma wat in ons vreugde deel
en niks is ooit vir haar te veel
'n Ma om altyd op trots te wees
so kalm en sonder vrees
ons kan altyd na haar gaan vir raad
en weet dat sy ons nooit in die steek sal laat.
Ma so ken ek jou nog al die jare
Jou fondament staan op vier stewige pilare
deursettingsvermoe, liefde, moed en Sy Krag
Die vermoe om die onmoontlike te vermag
Ek wens dat ma vandag die vrugte mag pluk
Die stroopsoet nektar daaruit sal druk
Ma se beker sal vul met ware geluk
'n Heildronk op die lewe met elke sluk
Baie geluk met Ma se verjaarsdag. Baie dankie vir alles wat ma vir ons doen en beteken. Baie lief vir ma. Ons wens ma volop seëning en gesondheid vir die jare wat voorlê...
Met baie liefde
Francisco Bronwyn & Emma
Statistics
Created today: 68
Created yesterday: 73
Created 7 days: 1676
Created 30 days: 3731
All ecards: 328980
Copyright by CreateGreetingCards.eu